Pienkvoet Pret Midstream

Pienkvoet-Pret bied reeds vanaf 2000 heerlike en omvattende stimulasie- en -ontwikkelingsklasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.

Ons doel is om aan mammas of pappas die geleentheid te bied om in ‘n ontspanne atmosfeer speel-speel hul baba te stimuleer en te geniet. Hierdie is baie belangrike kwaliteit-tyd met mekaar.

Babas se eerste 1000 dae is ontsettend belangrik! Dis hier waar jy ‘n kind se boublokke vir die res van hul skoolloopbaan vorm.

Wat maak pienkvoet-pret so anders?

Die aandag, liefde en sorg wat elke fransesnemer aan haar ouers en kinders bied, maak van Pienkvoet-Pret ‘n baie prettige en besonderse afspraak.

Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel in die  opwinding en pret van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.

Babas kry ook die geleentheid om in ‘n veilige en vriendelike omgewing met ander kinders van hul ouderdomsgroep te leer sosialiseer.  Die klasse vorm ook ‘n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir mammas- lewenslange vriendskappe word hier gesmee, nie net tussen die jonger garde nie, maar ook tussen die ouers. Na elke klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders buite-aktiwiteite met hul “Pienkvoet-Pret-maatjies” geniet.

Ons glo “ït takes a village to raise a child”.

Wat doen ons by Pienkvoet-Pret? 

Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks ‘n uur en ‘n half klas.

Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom-spesifieke mylpale bereik word:

3 – 6 maande  | 7 – 12 maande | 13 – 21 maande | 22 – 36 maande

Elke les sluit die volgende pret-aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:

  • Groot en fyn motoriese aktiwiteite
  • Perseptuele- en intellektuele aktiwiteite
  • Sensoriese bewustheid
  • Musiek en beweging
  • Luistervaardighede
  • Rympies & liedjies
  • Mors-aktiwiteite
  • Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
  • Baba-massering
  • Storietyd & kuns-aktiwiteite vir die peuters
  • Vryspel buite

Ronel https://web.facebook.com/midstreampienkvoetpret/
Pienkvoet Pret Midstream – Centurion

      PicktoOwn is a leading online marketing site, bringing Products, Services and Deals to you.  

      You have most certainly come to the right place to find useful deals.

      © Copyright © 2020 by PicktoOwn.com | All Rights Reserved

      Made with ❤ by PicktoOwn

      PicktoOwn
      Logo
      Enable registration in settings - general